Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: inslinger
inslinger [boodskap #145330] Do, 23 Mei 2024 15:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inslinger
Afbreking: in•slin•ger
Samestelling: in + slinger


Werkwoord: slinger in, inslinger
Verlede tyd: het ingeslinger

Betekenis:
• Om na die binnekant te slinger.

Gebruik:
• Tydens oorloë is projektiele, klippe en selfs lyke met katapulte in die vyand se vestings ingeslinger.

Sinoniem:
• ingooi
• insmyt
• inswaai
• inwerp

Antoniem:
• uitslinger
• wegslinger

Vertaling:
Engels: to swing in, hurl in
Nederlands: inslingeren, binnenzwaaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: spoggerigheid
spoggerigheid [boodskap #145329] Do, 23 Mei 2024 13:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spoggerigheid
Afbreking: spog•ge•rig•heid
Samestelling: spoggerig + -heid


Selfstandige naamwoord: spoggerigheid
Meervoud: spoggerighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van spoggerig wees.

Gebruik:
• Die karakter se spoggerigheid word vergelyk met die spoggerigheid van 'n perd wat op skou pronk.

Sinoniem:
• grootdoenery
• grootpratery
• pronkery
• spoggery
• windmakerigheid
• ydelheid

Vertaling:
Engels: boastfulness, ostentation, pomposity, flamboyance
Nederlands: opschepperij, praalzucht, flamboyantie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

 Onderwerp: Nepal
Nepal [boodskap #145328] Do, 23 Mei 2024 12:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Nepal.
Kaart van Nepal.
Nepal se vlag.
Nepal se vlag.
Nepal
Afbreking: Ne•pal


Pleknaam: Nepal

Betekenis:
• 'n Land in Suid-Asië, geleë in die Himalajas tussen Indië en Sjina (Tibet).

Gebruik:
Nepal se hoofstad en grootste stad is Katmandoe.

Afgelei:
• Nepalees

Vertaling:
Engels: Nepal
Nederlands: Nepal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Nepalees
Nepalees [boodskap #145327] Do, 23 Mei 2024 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nepalees
Afbreking: Ne•pa•lees
Samestelling: Nepal + -ees


Selfstandige naamwoord: Nepalees
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Indo-Ariese taal met sowat 16 miljoen sprekers in Noord-Indië, Nepal en Bhoetan.

• Ek kan ongelukkig nie Nepalees praat nie.

Vertaling:
Engels: Nepali, Nepalese
Nederlands: Nepalees


Selfstandige naamwoord: Nepalees
Meervoud: Nepalese

Betekenis:
• 'n Inwoner van Nepal, of iemand wat van Nepal afkomstig is.

Gebruik:
• Die Nepalese is vriendelike mense.

Vertaling:
Engels: Nepali, Nepalese
Nederlands: Nepalees


Byvoeglike naamwoord: Nepalees
Attributief: Nepalese

Betekenis:
• Wat op Nepal of sy mense betrekking het.

Gebruik:
• Hy gaan met 'n Nepalese meisie uit.

Vertaling:
Engels: Nepali, Nepalese
Nederlands: Nepalees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: matriargie
matriargie [boodskap #145326] Do, 23 Mei 2024 12:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
matriargie
Afbreking: ma•tri•ar•gie
Samestelling: matriarg + -ie


Selfstandige naamwoord: matriargie
Meervoud: matriargieë

Betekenis:
• 'n Samelewing wat deur vroue gelei word en waar vrouens die dominante rol speel.

Gebruik:
• In die natuur vorm diere soos olifante, bye en miere 'n matriargie.

Sinoniem:
• matriargaat

Antoniem:
• patriargie

Verwant:
• matriarg
• matriargaal
• matriargies

Vertaling:
Engels: matriarchy
Nederlands: matriarchaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: patriargie
patriargie [boodskap #145325] Do, 23 Mei 2024 07:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
patriargie
Afbreking: pa•tri•ar•gie
Samestelling: patriarg + -ie


Selfstandige naamwoord: patriargie
Meervoud: patriargieë

Betekenis:
• 'n Sosiale stelsel wat deur mans gelei word en waarin manne die dominante rol speel.

Gebruik:
• Bokke vorm 'n duidelike patriargie waar die ramme hul ooie beskerm, terwyl die hiënas wat hulle jag 'n matriargie vorm.

Sinoniem:
• patriargaat
• stamvaderskap

Antoniem:
• matriargie

Verwant:
• patriarg
• patriargaal
• patriargies
• patrilinealiteit

Vertaling:
Engels: patriarchy
Nederlands: patriarchaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: woema
woema [boodskap #145324] Wo, 22 Mei 2024 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woema
Afbreking: woe•ma


Selfstandige naamwoord: woema
Meervoud:

Betekenis:
• (informeel) 'n Toestand van krag en ywer.
• Iets wat vol krag en ywer is.

Gebruik:
• Die voorspelers speel met woema.
• Hy het woema in sy tenk!

Sinoniem:
• daadkrag
• dryfkrag
• energie
• entoesiasme
• gretigheid
• passie
• vitaliteit
• vuur

Vertaling:
Engels: energy, power, zest
Nederlands: energie, kracht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: militant
militant [boodskap #145323] Wo, 22 Mei 2024 14:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
militant
Afbreking: mi•li•tant


Byvoeglike naamwoord: militant
Vergrotende trap: militanter
Oortreffende trap: militantste
Attributief: militante

Betekenis:
• Wat veg of bereid is om te veg; met agressie en vasberadenheid gedoen word.

Gebruik:
• Die politieke party is wyd gekritiseer, maar ander het weer gedink dat dit nie militant genoeg was nie.

Sinoniem:
• aanvallend
• aggressief
• bakleierig
• kragdadig
• militaristies
• oorlogsugtig
• strydlustig
• strydvaardig
• veglustig
• twisgierig
• vyandig

Vertaling:
Engels: militant
Nederlands: militant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kragdadig
kragdadig [boodskap #145322] Wo, 22 Mei 2024 13:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kragdadig
Afbreking: krag•da•dig
Samestelling: krag + daad + -ig


Byvoeglike naamwoord: kragdadig
Vergrotende trap: kragdadiger
Oortreffende trap: kragdadigste
Attributief: kragdadige
Partitief: kragdadigs

Betekenis:
• Wat met 'n kragtige daad/handeling uitgevoer word.

Gebruik:
• Die stryd teen kommunisme moet kragdadig en met vasberadenheid geveg word.

Sinoniem:
• deurtastend
• dinamies
• drasties
• energiek
• ferm
• kliphard
• kordaat
• kragtig
• militant
• ywerig
• volstoom

Afgelei:
• kragdadigheid
• kragdadiglik

Vertaling:
Engels: energetic, vigorous, potent, resolute, firm
Nederlands: krachtdadig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitsorteer
uitsorteer [boodskap #145321] Wo, 22 Mei 2024 13:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitsorteer
Afbreking: uit•sor•teer
Samestelling: uit + sorteer


Werkwoord: sorteer uit, uitsorteer
Verlede tyd: het uitgesorteer

Betekenis:
• Om op te los; uit te klaar.
• Om uit te soek.

Gebruik:
Sorteer asseblief die probleem uit.
• Sy het die beste foto's uitgesorteer.

Sinoniem:
• opklaar
• oplos
• uitklaar
• uitstryk
• selekteer
• uitkies
• uitsoek

Vertaling:
Engels: to sort out; to select, choose
Nederlands: uitsorteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: doringrig
doringrig [boodskap #145320] Wo, 22 Mei 2024 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doringrig
Afbreking: do•ring•rig
Samestelling: doring + -rig


Byvoeglike naamwoord: doringrig
Attributief: doringrige

Betekenis:
• Wat soos dorings is; geneig om te steek.

Gebruik:
• Die gifappeltjie se blare is eierrond, gelob en doringrig op die are.

Sinoniem:
• doringagtig
• prikkelrig
• stekelagtig
• stekelig
• stekelrig

Antoniem:
• doringloos

Vertaling:
Engels: thorny, prickly, acanaceous
Nederlands: stekelig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: doringloos
doringloos [boodskap #145319] Wo, 22 Mei 2024 07:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doringloos
Afbreking: do•ring•loos
Samestelling: doring + -loos


Byvoeglike naamwoord: doringloos
Attributief: doringlose

Betekenis:
• Sonder enige dorings.

Gebruik:
• Die kransaalwyn het doringlose blare.

Antoniem:
• doringrig

Vertaling:
Engels: thornless
Nederlands: doornloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: reddeloos
reddeloos [boodskap #145318] Di, 21 Mei 2024 11:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reddeloos
Afbreking: red•de•loos
Samestelling: red + -de- + -loos


Byvoeglike naamwoord: reddeloos
Attributief: reddelose

Betekenis:
• War nie gered kan word nie.

Gebruik:
• Vir 'n oomblik het sy reddeloos verlore gevoel.

Sinoniem:
• ellendig
• hulpeloos
• moedeloos
• ongeneesbaar
• onherstelbaar
• onredbaar
• verlore
• versaak
• wanhopig

Antoniem:
• redbaar

Afgelei:
• reddeloosheid

Vertaling:
Engels: beyond help, irretrievably, irrevocable
Nederlands: reddeloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grootliks
grootliks [boodskap #145317] Di, 21 Mei 2024 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootliks
Afbreking: groot•liks
Samestelling: groot + -liks


Bywoord: grootliks

Betekenis:
• In 'n groot/ hoë mate.

Gebruik:
• Die oes het grootliks misluk.

Sinoniem:
• grotendeels
• hoofsaaklik
• merendeels
• primêr

Vertaling:
Engels: largely, for the most part, to a great extent
Nederlands: voor het grootste gedeelte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: frustrerend
frustrerend [boodskap #145316] Di, 21 Mei 2024 10:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
frustrerend
Afbreking: fru•stre•rend
Samestelling: frustreer + -end


Byvoeglike naamwoord: frustrerend
Vergrotende trap: frustrerender
Oortreffende trap: frustrerendste
Attributief: frustrerende
Partitief: frustrerends

Betekenis:
• Wat 'n mens frustreer.

Gebruik:
• Dit is uiters frustrerend om hout vir 'n braai te koop en die hout is nat.

Sinoniem:
• ergerlik
• irriterend
• sieltergend
• teleurstellend

Antoniem:
• belonend

Vertaling:
Engels: frustrating
Nederlands: frustrerend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van frustreer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: raaiselagtig
raaiselagtig [boodskap #145315] Di, 21 Mei 2024 10:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raaiselagtig
Afbreking: raai•sel•ag•tig
Samestelling: raaisel + -agtig


Byvoeglike naamwoord: raaiselagtig
Vergrotende trap: raaiselagtiger
Oortreffende trap: raaiselagtigste
Attributief: raaiselagtige
Partitief: raaiselagtigs

Betekenis:
• Soos 'n raaisel. Wat 'n mens laat wonder.

Gebruik:
• Die dokter het die man se genesing as wonderlik en raaiselagtig beskryf.

Sinoniem:
• dubbelsinnig
• duister
• enigmaties
• geheimsinnig
• ingewikkeld
• misterieus
• onbegryplik
• onduidelik
• onverklaarbaar
• onverstaanbaar
• twyfelagtig
• verwarrend

Afgelei:
• raaiselagtigheid

Vertaling:
Engels: puzzling, mysterious
Nederlands: raadselachtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ontlont
ontlont [boodskap #145314] Di, 21 Mei 2024 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontlont
Afbreking: ont•lont
Samestelling: ont- + lont


Werkwoord: ontlont
Verlede tyd: het ontlont

Betekenis:
• Om die lont te verwyder.
• (figuurlik) Om onskadelik te stel of minder gevaarlik te maak.

Gebruik:
• Die soldaat het die bom ontlont.
• Die polisieman probeer om die gyselaarsdrama te ontlont.

Vertaling:
Engels: to defuse
Nederlands: onschadelijk maken; de angel uithalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verblind
verblind [boodskap #145313] Di, 21 Mei 2024 09:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verblind
Afbreking: ver•blind
Samestelling: ver- + blind


Werkwoord: verblind
Verlede tyd: het verblind

Betekenis:
• Om blind te maak, meestal tydelik.
• (figuurlik) Om blind te maak vir die waarheid; deur uiterlike skyn verwar; met 'n illusie mislei.

Gebruik:
• Jou motor se skerp ligte verblind my.
• Die liefde het haar vir sy tekortkominge verblind.

Sinoniem:
• betower
• flous
• fop
• mislei
• verbyster
• verdwaas

Afgelei:
• verblinde
• verblindend
• verblinding

Vertaling:
Engels: to blind; to dazzle
Nederlands: verblinden


Byvoeglike naamwoord: verblind
Attributief: verblinde

Betekenis:
• Wat 'n mens tydelik blind maak, of figuurlik, wat mislei of verbyster.

Gebruik:
• Het hierdie verblinde mense dan die onvergeeflike sonde gepleeg?

Afgelei:
• verblindheid

Vertaling:
Engels: blinded, dazzled
Nederlands: verblind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opveil
opveil [boodskap #145312] Di, 21 Mei 2024 08:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opveil
Afbreking: op•veil
Samestelling: op + veil


Werkwoord: veil op, opveil
Verlede tyd: het opgeveil

Betekenis:
• Om op 'n veiling/vendusie aan die hoogste bieër te verkoop.

Gebruik:
• Prinses Diana se klere is vir liefdadigheid opgeveil.

Sinoniem:
• smous
• verkoop
• verhandel
• verkwansel

Afgelei:
• opveiling

Vertaling:
Engels: to auction, sell by auction
Nederlands: op veiling gezet, geveild

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dreigbrief
dreigbrief [boodskap #145311] Di, 21 Mei 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dreigbrief
Afbreking: dreig•brief
Samestelling: dreig + brief


Selfstandige naamwoord: dreigbrief
Meervoud: dreigbriewe
Verkleinwoord: dreigbriefie
Meervoud van verkleining: dreigbriefies

Betekenis:
• 'n Brief waarin die geadresseerde gedreig word.

Gebruik:
• Sy het 'n anonieme dreigbrief ontvang wat haar waarsku om haar hond onder beheer te kry, of die gevolge te dra.

Hiponiem:
• koggelbrief

Verwant:
• dreigoproep

Vertaling:
Engels: threatening letter
Nederlands: dreigbrief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onakkuraat
onakkuraat [boodskap #145310] Di, 21 Mei 2024 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onakkuraat
Afbreking: on•ak•ku•raat
Samestelling: on- + akkuraat


Byvoeglike naamwoord: onakkuraat
Vergrotende trap: onakkurater
Oortreffende trap: onakkuraatste
Attributief: onakkurate

Betekenis:
• Wat nie reg en akkuraat is nie.

Gebruik:
• Die weervoorspelling vir vandag is onakkuraat.

Wisselvorm:
• inakkuraat

Sinoniem:
• foutief
• inkorrek
• onjuis
• onnoukeurig
• verkeerd

Antoniem:
• akkuraat

Afgelei:
• onakkuraatheid

Vertaling:
Engels: inaccurate, incorrect
Nederlands: onnauwkeurig, onjuist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: strelend
strelend [boodskap #145309] Di, 21 Mei 2024 06:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strelend
Afbreking: stre•lend
Samestelling: streel + -end


Byvoeglike naamwoord: strelend
Vergrotende trap: strelender
Oortreffende trap: strelendste
Attributief: strelende
Partitief: strelends

Betekenis:
• Wat saggies oor iets streel of stryk, ook figuurlik, aangenaam of vleiend.

Gebruik:
• Sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek. [Psalms 55:22]

Sinoniem:
• aaiend
• behaaglik
• flikflooiend
• gerusstellend
• helend
• hemels
• saggies
• salwend
• vertroostend
• vleiend

Hiponiem:
• selfstrelend
• sielstrelend
• sinstrelend

Vertaling:
Engels: caressing, coaxing, soothing
Nederlands: strelend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van streel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gelykstroom
gelykstroom [boodskap #145308] Ma, 20 Mei 2024 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelykstroom
Afbreking: ge•lyk•stroom
Samestelling: gelyk + stroom


Selfstandige naamwoord: gelykstroom
Meervoud: gelykstrome

Betekenis:
• 'n Elektriese stroom wat slegs in een rigting vloei (al wissel die sterkte daarvan).

Gebruik:
Gelykstroom kan met 'n omsetter na wisselstroom omgeskakel word.

Antoniem:
• wisselstroom

Afgelei:
• gelykstroomaanleg
• gelykstroomdinamo
• gelykstroomgenerator
• gelykstroomkring
• gelykstroomlas
• gelykstroomlewering
• gelykstroommotor
• gelykstroomtransformator
• gelykstroomveld
• gelykstroomomvormer

Afkorting:
• gs.
• GS

Vertaling:
Engels: direct current
Nederlands: gelijkstroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wisselstroom
wisselstroom [boodskap #145307] Ma, 20 Mei 2024 18:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wisselstroom
Afbreking: wis•sel•stroom
Samestelling: wissel + stroom


Selfstandige naamwoord: wisselstroom
Meervoud: wisselstrome

Betekenis:
• 'n Elektriese stroom wat periodies van rigting en sterkte verander.

Gebruik:
Wisselstroom is meer geskik om elektrisiteit oor lang afstande te stuur as gelykstroom.

Antoniem:
• gelykstroom

Afgelei:
• wisselstroomdinamo
• wisselstroomkring
• wisselstroommotor
• wisselstroomnetwerk
• wisselstroomrelê
• wisselstroomweerstand

Afkorting:
• ws.
• WS

Vertaling:
Engels: alternating current, AC
Nederlands: wisselstroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: projekleier
projekleier [boodskap #145306] Ma, 20 Mei 2024 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
projekleier
Afbreking: pro•jek•lei•er
Samestelling: projek + leier


Selfstandige naamwoord: projekleier
Meervoud: projekleiers
Verkleinwoord: projekleiertjie
Meervoud van verkleining: projekleiertjies

Betekenis:
• Persoon wat 'n projek lei en toesien dat die projek volgens plan geïmplementeer word.

Gebruik:
• 'n Projekleier se eerste taak is om 'n projekplan op te stel.

Sinoniem:
• projekbestuurder

Vertaling:
Engels: project leader, project manager
Nederlands: projectleider

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: navigeer
navigeer [boodskap #145305] Ma, 20 Mei 2024 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
navigeer
Afbreking: na•vi•geer


Werkwoord: navigeer
Verlede tyd: het genavigeer

Betekenis:
• Om volgens 'n beplande roete van plek tot plek te bestuur.
• (figuurlik) Om doelmatig van plek tot plek te beweeg, o.a. op die internet.

Gebruik:
• Die loods navigeer die skip in die hawe in.
• Die lughawe is goed georganiseerd en maklik om te navigeer.

Sinoniem:
• koershou
• maneuvreer
• stuur
• reis
• rondsoek
• snuffel

Verwant:
• navigasie
• navigator

Vertaling:
Engels: to navigate
Nederlands: navigeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: besluitloos
besluitloos [boodskap #145304] Ma, 20 Mei 2024 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besluitloos
Afbreking: be•sluit•loos
Samestelling: besluit + -loos


Byvoeglike naamwoord: besluitloos
Attributief: besluitlose

Betekenis:
• Wat nie tot besluit kan kom nie.

Gebruik:
• Talle kiesers is nog besluitloos en weet nie vir wie om te stem nie.

Wisselvorm:
• besluiteloos

Sinoniem:
• aarselend
• onseker
• weifelend

Antoniem:
• vasberade

Vertaling:
Engels: indecisive, undecided
Nederlands: besluitloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: steriel
steriel [boodskap #145303] Ma, 20 Mei 2024 16:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
steriel
Afbreking: ste•riel


Byvoeglike naamwoord: steriel
Vergrotende trap: sterieler
Oortreffende trap: sterielste
Attributief: steriele
Partitief: steriels

Betekenis:
• Baie skoon en vry is van lewende patogene (mikro-organismes).
• Wat nie in staat om 'n nageslag voort te bring nie.

Gebruik:
• Infeksie kan voorkom word deur steriel te werk en steriele spuitnaalde te gebruik.
• Die muil het 'n chromosoongetal van 63 en is daarom meestal steriel.

Sinoniem:
• asepties
• antisepties
• kiemvry
• onbesmet
• patogeenvry
• onvrugbaar

Antoniem:
• onsteriel
• vrugbaar

Afgelei:
• sterielheid

Verwant:
• sterilisasie
• steriliseer

Vertaling:
Engels: sterile
Nederlands: steriel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onwelvarend
onwelvarend [boodskap #145302] Ma, 20 Mei 2024 15:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onwelvarend
Afbreking: on•wel•va•rend
Samestelling: on- + welvarend


Byvoeglike naamwoord: onwelvarend
Attributief: onwelvarende
Partitief: onwelvarends

Betekenis:
• Wat nie welvarend is nie.

Gebruik:
• 'n Groot deel van die gemeente was betreklik onwelvarend.

Sinoniem:
• arm
• ongegoed

Antoniem:
• welvarend

Vertaling:
Engels: unprosperous
Nederlands: onwelvarend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongehoorsaam
ongehoorsaam [boodskap #145301] Ma, 20 Mei 2024 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongehoorsaam
Afbreking: on•ge•hoor•saam
Samestelling: on- + gehoorsaam


Byvoeglike naamwoord: ongehoorsaam
Vergrotende trap: ongehoorsamer
Oortreffende trap: ongehoorsaamste
Attributief: ongehoorsame
Partitief: ongehoorsaams

Betekenis:
• Wat nie gehoorsaam is nie; dinge doen wat hy/sy nie mag nie.

Gebruik:
• As iemand ongehoorsaam is, moet hy gestraf word!
• Die ongehoorsame kinders het pak gekry.

Sinoniem:
• balhorig
• onhebbelik
• opstandig
• stout
• weerspannig

Antoniem:
• gehoorsaam

Afgelei:
• ongehoorsaamheid

Vertaling:
Engels: disobedient, insubordinate
Nederlands: ongehoorzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onwelkom
onwelkom [boodskap #145300] Ma, 20 Mei 2024 15:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onwelkom
Afbreking: on•wel•kom
Samestelling: on- + welkom


Byvoeglike naamwoord: onwelkom
Vergrotende trap: meer onwelkom
Oortreffende trap: mees onwelkome, onwelkomste
Attributief: onwelkome

Betekenis:
• Wat nie welkom is nie.

Gebruik:
• Wie is die onwelkome gas wat ons kos eet?

Sinoniem:
• lastig
• ongewens
• ongenooid

Antoniem:
• welkom

Vertaling:
Engels: unwelcome
Nederlands: onwelkom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: talentloos
talentloos [boodskap #145299] Ma, 20 Mei 2024 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
talentloos
Afbreking: ta•lent•loos
Samestelling: talent + -loos


Byvoeglike naamwoord: talentloos
Attributief: talentlose

Betekenis:
• Sonder enige talente.

Gebruik:
• Sy musiekonderwyser het hom as redelik talentloos beskryf, maar hy het later 'n wêreldbekende komponis geword.

Sinoniem:
• onbegaafd

Antoniem:
• talentryk
• talentvol

Vertaling:
Engels: talentless, untalented
Nederlands: talentloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: standvastig
standvastig [boodskap #145298] Ma, 20 Mei 2024 14:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
standvastig
Afbreking: stand•vas•tig
Samestelling: stand + vas + -tig


Byvoeglike naamwoord: standvastig
Vergrotende trap: standvastiger
Oortreffende trap: standvastigste
Attributief: standvastige
Partitief: standvastigs

Betekenis:
• Wat vas staan en aan beginsels getrou bly; voet by stuk hou en nie opgee nie.

Gebruik:
• Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. [Jakobus 1:12]

Sinoniem:
• beginselvas
• bestendig
• bodemvas
• konstant
• onbeweeglik
• onbuigsaam
• onveranderlik
• onwankelbaar
• onwrikbaar
• paalvas
• rotsvas
• stabiel
• vasberade

Antoniem:
• onstandvastig
• wankelend
• wispelturig

Afgelei:
• standvastigheid

Vertaling:
Engels: steadfast, constant, steady, firm, resolute
Nederlands: standvastig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: navigasie
navigasie [boodskap #145297] Ma, 20 Mei 2024 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
navigasie
Afbreking: na•vi•ga•sie


Selfstandige naamwoord: navigasie
Meervoud:

Betekenis:
• Die vermoë om posisie op die aarde of in die ruimte te bepaal.

Gebruik:
• Vandag gebruik ons meestal GPS vir navigasie, maar in die ou dae het mense 'n kompas en kaart gebruik.

Sinoniem:
• plekbepaling
• stuurmanskuns

Hiponiem:
• astronavigasie
• satellietnavigasie

Afgelei:
• navigasiehulpmiddel
• navigasiestrook
• navigasievermoë

Verwant:
• navigeer
• navigator

Vertaling:
Engels: navigation
Nederlands: navigatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sonar
sonar [boodskap #145296] Ma, 20 Mei 2024 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonar
Afbreking: so•nar


Selfstandige naamwoord: sonar
Meervoud: sonars
Verkleinwoord: sonartjie
Meervoud van verkleining: sonartjies

Betekenis:
• Instrument wat die refleksie van klank gebruik om voorwerpe op te spoor.

Gebruik:
• Die baba se geslag is met behulp van sonar bepaal.

Hiponiem:
• hoëfrekwensiesonar

Afgelei:
• sonarapparaat
• sonarstelsel
• sonartegnologie
• sonartoets

Vertaling:
Engels: sonar
Nederlands: sonar

Nota:
• Die woord is afgelei van die akroniem "SOund Navigation And Ranging".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: radar
radar [boodskap #145295] Ma, 20 Mei 2024 12:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
radar
Afbreking: ra•dar


Selfstandige naamwoord: radar
Meervoud: radars
Verkleinwoord: radartjie
Meervoud van verkleining: radartjies

Betekenis:
• Radio gebaseerde opsporing en peiling. Apparaat wat voorwerpe se posisie met behulp van terugkaatsende golwe bepaal.

Gebruik:
• Die vliegtuig het oor die see van die radar af verdwyn.

Hiponiem:
• Dopplerradar
• impulsradar

Afgelei:
• radarbaken
• radarbeeld
• radarbereik
• radarfasiliteit
• radarfrekwensie
• radarinstallasie
• radarontduiking
• radarontwyking
• radaropsporing
• radarsein
• radarskerm
• radarstasie
• radarstelsel
• radarstrik
• radartoestel

Afkorting:
• rdr.

Vertaling:
Engels: radar
Nederlands: radar

Nota:
• Die woord radar is 'n palindroom.
• Radar is 'n akroniem vir "RAdio Detection And Ranging".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grondbesetting
grondbesetting [boodskap #145294] Ma, 20 Mei 2024 12:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondbesetting
Afbreking: grond•be•set•ting
Samestelling: grond + besetting


Selfstandige naamwoord: grondbesetting
Meervoud: grondbesettings

Betekenis:
• Die besetting (onwettige okkupasie) van land.

Gebruik:
• Die plaas was op die punt om verhuur te word, toe die grondbesettings begin het.

Sinoniem:
• grondgryp

Verwant:
• grondbesetter

Vertaling:
Engels: land occupation
Nederlands: landbezetting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grondbesetter
grondbesetter [boodskap #145293] Ma, 20 Mei 2024 11:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondbesetter
Afbreking: grond•be•set•ter
Samestelling: grond + besetter


Selfstandige naamwoord: grondbesetter
Meervoud: grondbesetters

Betekenis:
• Iemand wat grond beset (onwettig okkupeer).

Gebruik:
• Die grondbesetters het 'n deel van die plaas skoongemaak, dit in erwe opgedeel en dit dan verkoop.

Antoniem:
• grondbesitter

Verwant:
• grondbesetting

Vertaling:
Engels: land grabber, land occupier
Nederlands: landbezetter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gedragskode
gedragskode [boodskap #145292] Ma, 20 Mei 2024 11:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedragskode
Afbreking: ge•drags•ko•de
Samestelling: gedrag + -s- + kode


Selfstandige naamwoord: gedragskode
Meervoud: gedragskodes

Betekenis:
• Reëls oor hoe om op te tree en jouself te gedra.

Gebruik:
• 'n Ondersoek is gelas om te bepaal of die party se jeugleier die gedragskode oortree het.

Sinoniem:
• gedragsreëls
• protokol

Vertaling:
Engels: code of conduct
Nederlands: gedragscode

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: jeugleier
jeugleier [boodskap #145291] Ma, 20 Mei 2024 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
jeugleier
Afbreking: jeug•lei•er
Samestelling: jeug + leier


Selfstandige naamwoord: jeugleier
Meervoud: jeugleiers
Verkleinwoord: jeugleiertjie
Meervoud van verkleining: jeugleiertjies

Betekenis:
• Leier van die jong lede van 'n klub, vereniging, party, ens.

Gebruik:
• Die party se jeugleier is met onmiddellike effek, hangende 'n dissiplinêre ondersoek, geskors.

Antoniem:
• jeugleidster (vroulik)

Vertaling:
Engels: youth leader
Nederlands: jeugdleider

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Sa Jun 01 07:24:30 MGT 2024