Forum: Woordeboek
Onderwerp: onverbuigbaar
onverbuigbaar [boodskap #145378 ]
Ma, 27 Mei 2024 19:37
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onverbuigbaar
Afbreking: on•ver•buig•baar
Samestelling: verbuig + -baar
Byvoeglike naamwoord: onverbuigbaar
Attributief: onverbuigbare
Betekenis:
• (taalkunde ) Wat nie grammatikaal verbuig kan word nie en slegs in een vorm voorkom; sonder fleksie-uitgange.
Gebruik:
• Bywoorde is meestal onverbuigbaar .
Sinoniem:
• indeklinabel
• onvervoegbaar
Antoniem:
• verbuigbaar
Afgelei:
• onverbuigbaarheid
Vertaling:
Engels: indeclinable
Nederlands: onverbuigbaar, indeclinabel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verbuigbaar
verbuigbaar [boodskap #145377 ]
Ma, 27 Mei 2024 19:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbuigbaar
Afbreking: ver•buig•baar
Samestelling: verbuig + -baar
Byvoeglike naamwoord: verbuigbaar
Attributief: verbuigbare
Betekenis:
• (taalkunde ) Wat grammatikaal verbuig kan word; met fleksie-uitgange.
Gebruik:
• Die meeste byvoeglike naamwoorde is verbuigbaar . As voorbeeld, "groot" kan verbuig word to "groter" en "grootste".
Sinoniem:
• deklinabel
• vervoegbaar
Antoniem:
• onverbuigbaar
Afgelei:
• verbuigbaarheid
Vertaling:
Engels: declinable
Nederlands: verbuigbaar, declinabel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: veeleisend
veeleisend [boodskap #145376 ]
Ma, 27 Mei 2024 18:51
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veeleisend
Afbreking: veel•ei•send
Samestelling: veel + eis + -end
Byvoeglike naamwoord: veeleisend
Vergrotende trap: veeleisender
Oortreffende trap: veeleisendste
Attributief: veeleisende
Partitief: veeleisends
Betekenis:
• Wat baie of hoë eise stel waaraan moeilik voldoen kan word.
Gebruik:
• Kinders kan veeleisend wees, daarom is dit geen wonder dat ouers grys hare kry nie.
Sinoniem:
• ingewikkeld
• inspannend
• moeisaam
• moeitevol
• moordend
• uitmergelend
• uitputtend
• vermoeiend
Vertaling:
Engels: exacting, imposing
Nederlands: veeleisend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opkyk
opkyk [boodskap #145375 ]
Ma, 27 Mei 2024 18:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opkyk
Afbreking: op•kyk
Samestelling: op + kyk
Werkwoord: kyk op , opkyk
Verlede tyd: het opgekyk
Betekenis:
• Om boontoe te kyk.
• Om inligting na te slaan.
• Om te bewonder; as rolmodel sien.
Gebruik:
• Toe sy opkyk , sien sy 'n spinnekop teen die dak.
• Jy kan die onbekende woord in 'n woordeboek opgekyk .
• Victor Matfield is my held en ek kyk op na hom.
Sinoniem:
• naslaan
• oplees
• opsoek
• opspoor
Antoniem:
• afkyk
Vertaling:
Engels: to look up
Nederlands: opkijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uittree
uittree [boodskap #145374 ]
Ma, 27 Mei 2024 18:21
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uittree
Afbreking: uit•tree
Samestelling: uit + tree
Werkwoord: tree uit , uittree
Verlede tyd: het uitgetree
Betekenis:
• Om na buite te gaan.
• (figuurlik ) Om 'n amp te verlaat; jou ontslag neem.
Gebruik:
• 'n Onbekende man tree uit die donker uit.
• Matfield het tot 2015 vir die Springbokke gespeel, nadat hy aanvanklik in 2011 as speler uitgetree het.
Sinoniem:
• abdikeer
• aftree
• bedank
• onttrek
• uitloop
• uitstap
• verlaat
Antoniem:
• intree
Afgelei:
• uittree-annuïteit
• uittreedatum
• uittreeloon
• uittreeouderdom
• uittreepakket
• uittreewedstryd
Vertaling:
Engels: to step out; to retire, resign, withdraw
Nederlands: uittreden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wantoegewys
wantoegewys [boodskap #145373 ]
Ma, 27 Mei 2024 17:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wantoegewys
Afbreking: wan•toe•ge•wys
Samestelling: wan- + toegewys
Byvoeglike naamwoord: wantoegewys
Attributief: wantoegewese
Betekenis:
• Wat verkeerdelik toegewys is.
Gebruik:
• Al die geld is verkwis, wantoegewys of weens korrupsie verlore.
Vertaling:
Engels: misallocated
Nederlands: verkeerd toegewezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inbegrepe
inbegrepe [boodskap #145372 ]
Ma, 27 Mei 2024 15:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inbegrepe
Afbreking: in•be•gre•pe
Samestelling: in + begrip + -e
Byvoeglike naamwoord: inbegrepe
Attributief: inbegrepe
Betekenis:
• Wat ingesluit is, of bygetel word.
Gebruik:
• Julle is hierby inbegrepe ; ook julle is geroep om aan Jesus Christus te behoort. [Romeine 1:6]
Sinoniem:
• ingeslote
• ingesluit
• inkluis
• inklusief
• insluitende
• saamgereken
• saamgevoeg
Vertaling:
Engels: inclusive
Nederlands: inbegrepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inbegrip
inbegrip [boodskap #145371 ]
Ma, 27 Mei 2024 15:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inbegrip
Afbreking: in•be•grip
Samestelling: in + begrip
Selfstandige naamwoord: inbegrip
Meervoud: –
Betekenis:
• Dit wat ingesluit/meegereken word, in die vaste uitdrukking "met inbegrip van ".
Gebruik:
• Suiwelprodukte is produkte wat van melk vervaardig word, met inbegrip van varsmelk, room, kaas en botter.
Sinoniem:
• inagneming
• insluiting
Verwant:
• inbegrepe
Vertaling:
Engels: including, inclusive of
Nederlands: inbegrip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gesondheidsorg
gesondheidsorg [boodskap #145370 ]
Ma, 27 Mei 2024 15:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesondheidsorg
Afbreking: ge•sond•heid•sorg
Samestelling: gesondheid + sorg
Selfstandige naamwoord: gesondheidsorg
Meervoud: –
Betekenis:
• Die voorkoming, diagnosering en behandeling van siektes en beserings, met inbegrip van die organisasies wat mediese en verpleegkundige dienste lewer.
Gebruik:
• Alle mense behoort ten minste toegang tot primêre gesondheidsorg te hê.
Afgelei:
• gesondheidsorgbeleid
Vertaling:
Engels: health care
Nederlands: gezondheidszorg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: pertinent
pertinent [boodskap #145369 ]
Ma, 27 Mei 2024 14:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pertinent
Afbreking: per•ti•nent
Byvoeglike naamwoord: pertinent
Vergrotende trap: pertinenter
Oortreffende trap: pertinentste
Attributief: pertinente
Betekenis:
• Baie beslis; met oortuiging.
• Wat baie ernstig is.
Gebruik:
• Die beskuldigde het pertinent verklaar dat hy onskuldig is.
• Dit is 'n pertinente leuen.
Sinoniem:
• absoluut
• beslis
• definitief
• duidelik
• kategories
• nadruklik
• onbetwisbaar
• onomwonde
• stellig
• uitdruklik
Vertaling:
Engels: pertinent
Nederlands: pertinent
Nota:
• Leenwoord van Frans.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitverkoping
uitverkoping [boodskap #145368 ]
Ma, 27 Mei 2024 10:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitverkoping
Afbreking: uit•ver•ko•ping
Samestelling: uit + verkoping, uitverkoop + -ing
Selfstandige naamwoord: uitverkoping
Meervoud: uitverkopinge , uitverkopings
Verkleinwoord: uitverkopinkie
Meervoud van verkleining: uitverkopinkies
Betekenis:
• Verkoping teen 'n verminderde prys.
Gebruik:
• Ek het die boek op 'n uitverkoping gekoop.
Hiponiem:
• inventarisuitverkoping
• likwidasie-uitverkoping
• najaarsuitverkoping
• someruitverkoping
• winteruitverkoping
Vertaling:
Engels: sale
Nederlands: verkoop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verlaag
verlaag [boodskap #145367 ]
Ma, 27 Mei 2024 09:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlaag
Afbreking: ver•laag
Samestelling: ver- + laag
Werkwoord: verlaag
Verlede tyd: het verlaag
Betekenis:
• Om minder of laer te maak.
• Om laer te maak in rang of aansien.
Gebruik:
• Die winkel verlaag die pryse vir die uitverkoping.
• Ek verlaag my nie tot skoonmaakwerk nie.
Sinoniem:
• afbring
• afmerk
• reduseer
• verklein
• verminder
• degradeer
• demoveer
• verkleineer
• verneder
Antoniem:
• verhoog
Afgelei:
• verlaagde
• verlaging
Vertaling:
Engels: to lower, reduce; to degrade, demean
Nederlands: verlagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toewysing
toewysing [boodskap #145366 ]
Ma, 27 Mei 2024 07:52
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toewysing
Afbreking: toe•wy•sing
Samestelling: toewys + -ing
Selfstandige naamwoord: toewysing
Meervoud: toewysinge , toewysings
Betekenis:
• Die handeling van toewys, of iets wat toegewys/toegeken is.
Gebruik:
• Onderwys kry die grootste toewysing in die begroting, maar lewer nie die vaardighede wat nodig is nie.
Sinoniem:
• rantsoenering
• toedeling
• toekenning
• uitreiking
• vergunning
Afgelei:
• frekwensietoewysing
• hertoewysing
• wantoegewys
Vertaling:
Engels: allocation, assignment, allotment, ascription
Nederlands: toewijzing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sjerrie
sjerrie [boodskap #145365 ]
So, 26 Mei 2024 17:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sjerrie
Afbreking: sjer•rie
Selfstandige naamwoord: sjerrie
Meervoud: sjerries
Verkleinwoord: sjerrietjie
Meervoud van verkleining: sjerrietjies
Betekenis:
• 'n Versterkte/ gefortifiseerde wyn van wit druiwe, dikwels met 'n neutgeur, oorspronklik van Jerez, Spanje.
Gebruik:
• Is jy lus vir 'n glasie sjerrie ?
Afgelei:
• sjerrieglas
• sjerrievat
Vertaling:
Engels: sherry
Nederlands: sherry
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sjarme
sjarme [boodskap #145364 ]
So, 26 Mei 2024 17:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sjarme
Afbreking: sjar•me
Selfstandige naamwoord: sjarme
Meervoud: sjarmes
Betekenis:
• 'n Eienskap van iemand se persoonlikheid wat ander mense bekoor en aantrek.
Gebruik:
• Die kêrels is weerloos teen haar sjarme .
Sinoniem:
• aanloklikheid
• aantrekkingskrag
• aantreklikheid
• aanvalligheid
• bekoorlikheid
• betowering
• innemendheid
• verleidelikheid
• verloklikheid
Afgelei:
• sjarmeskool
Verwant:
• sjarmant
• sjarmeer
Vertaling:
Engels: charm
Nederlands: charme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: treinstasie
treinstasie [boodskap #145363 ]
So, 26 Mei 2024 10:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
treinstasie
Afbreking: trein•sta•sie
Samestelling: trein + stasie
Selfstandige naamwoord: treinstasie
Meervoud: treinstasies
Verkleinwoord: treinstasietjie
Meervoud van verkleining: treinstasietjies
Betekenis:
• Plek waar treine stop om passasiers of vrag op of af te laai.
Gebruik:
• Tuisbly is die naam van 'n treinstasie tussen Belfast en Dullstroom.
Sinoniem:
• spoorwegstasie
Vertaling:
Engels: train station
Nederlands: treinstation, spoorwegstation
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toeristesentrum
toeristesentrum [boodskap #145362 ]
So, 26 Mei 2024 10:24
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeristesentrum
Afbreking: toe•ris•te•sen•trum
Samestelling: toeriste + sentrum
Selfstandige naamwoord: toeristesentrum
Meervoud: toeristesentrums
Verkleinwoord: toeristesentrumpie
Meervoud van verkleining: toeristesentrumpies
Betekenis:
• 'n Plek waar baie toeriste aandoen, of wat spesiaal vir toeriste bestem of ingerig is.
Gebruik:
• Die dorp se ou treinstasie is in 'n toeristesentrum omskep.
Vertaling:
Engels: tourist center
Nederlands: toeristencentrum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontsyfer
ontsyfer [boodskap #145361 ]
So, 26 Mei 2024 10:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontsyfer
Afbreking: ont•sy•fer
Samestelling: ont- + syfer
Werkwoord: ontsyfer
Verlede tyd: het ontsyfer
Betekenis:
• Om met moeite te lees of te verstaan.
Gebruik:
• Sy kon nie die dokter se handskrif ontsyfer nie.
Sinoniem:
• dekodeer
• interpreteer
• ontleed
• ontraaisel
• uitpluis
• uitmaak
• uitwerk
• vasstel
• verklaar
• verstaan
• vertolk
Afgelei:
• ontsyferde
• ontsyfering
Vertaling:
Engels: to decipher, decode
Nederlands: ontcijferen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Egipties
Egipties [boodskap #145360 ]
So, 26 Mei 2024 10:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Egipties
Afbreking: E•gip•ties
Samestelling: Egipties
Selfstandige naamwoord: Egipties
Meervoud: –
Betekenis:
• Die taal van antieke Egipte.
Gebruik:
• Egipties is een van die oudste tale en geskrewe rekords daarvan bestaan vanaf omstreeks 3400-3200 v.C.
Vertaling:
Engels: Egyptian
Nederlands: Egyptisch
Byvoeglike naamwoord: Egipties
Attributief: Egiptiese
Betekenis:
• Wat op die land Egipte of sy mense, die Egiptenare, betrekking het.
Gebruik:
• Sy probeer om die Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer.
Afkorting:
• Egip.
Verwant:
• Egipte
• Egiptenaar
Vertaling:
Engels: Egyptian
Nederlands: Egyptisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: farao
farao [boodskap #145359 ]
So, 26 Mei 2024 09:37
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tipiese uitbeelding van 'n farao.
farao
Afbreking: fa•rao
Selfstandige naamwoord: farao
Meervoud: farao's
Verkleinwoord: farao'tjie
Meervoud van verkleining: farao'tjies
Betekenis:
• 'n Egiptiese koning.
Gebruik:
• Een van die farao se rolle was om as bemiddelaar tussen die gode en die mense op te tree.
Afgelei:
• faraonies
• faraorot
• faraosrot
Vertaling:
Engels: pharaoh
Nederlands: farao
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bestem
bestem [boodskap #145358 ]
So, 26 Mei 2024 09:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestem
Afbreking: be•stem
Samestelling: be- + stem
Werkwoord: bestem
Verlede tyd: het bestem
Betekenis:
• Om vir 'n bepaalde doel of funksie aan te wys.
Gebruik:
• Hy was van jongs af bestem om 'n wêreldklas rugbyspeler te wees.
Sinoniem:
• aanwys
• bedoel
• bepaal
• uitverkies
• voorbeskik
• voorbestem
Afgelei:
• bestemde
• bestemming
Vertaling:
Engels: to destine, set apart
Nederlands: bestemmen
Byvoeglike naamwoord: bestem , bestemd
Attributief: bestemde
Betekenis:
• Wat vir 'n bepaalde doel of funksie aangewys is.
Gebruik:
• Hulle het die ark van die Here ingebring en dit op sy bestemde plek neergesit. [2 Samuel 6:17]
Sinoniem:
• aangewys
• gereserveer
Antoniem:
• onbestem
Vertaling:
Engels: destined
Nederlands: bestemd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: grafkelder
grafkelder [boodskap #145357 ]
So, 26 Mei 2024 09:06
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grafkelder
Afbreking: graf•kel•der
Samestelling: graf + kelder
Selfstandige naamwoord: grafkelder
Meervoud: grafkelders
Verkleinwoord: grafkeldertjie
Meervoud van verkleining: grafkeldertjies
Betekenis:
• 'n Kelder (ondergrondse ruimte) waarin iemand se oorskot bewaar word.
Gebruik:
• Grafkelders is meestal bestem vir lede van vooraanstaande of ryk families.
Sinoniem:
• katakombe
• kramat
• kript
Afgelei:
• grafkelderstilte
Vertaling:
Engels: burial vault, crypt
Nederlands: grafkelder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: missielaanval
missielaanval [boodskap #145356 ]
So, 26 Mei 2024 08:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
missielaanval
Afbreking: mis•siel•aan•val
Samestelling: missiel + aanval
Selfstandige naamwoord: missielaanval
Meervoud: missielaanvalle
Betekenis:
• 'n Aanval met missiele.
Gebruik:
• Die vyand het 'n missielaanval op die stad geloods.
Vertaling:
Engels: missile attack, missile strike
Nederlands: raketaanval
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bomaanval
bomaanval [boodskap #145355 ]
So, 26 Mei 2024 08:21
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bomaanval
Afbreking: bom•aan•val
Samestelling: bom + aanval
Selfstandige naamwoord: bomaanval
Meervoud: bomaanvalle
Betekenis:
• 'n Aanval met 'n bom of bomme.
Gebruik:
• Die gebou is in 'n bomaanval in puin gelê.
Sinoniem:
• bombardement
Hiponiem:
• kernbomaanval
• kitsbank-bomaanval
• selfmoordbomaanval
• stinkbomaanval
Verwant:
• bomaanvaller
Vertaling:
Engels: bomb attack
Nederlands: bomaanslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: woonstelgebou
woonstelgebou [boodskap #145354 ]
So, 26 Mei 2024 08:12
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Woonstelgebou.
woonstelgebou
Afbreking: woon•stel•ge•bou
Samestelling: woonstel + gebou
Selfstandige naamwoord: woonstelgebou
Meervoud: woonstelgeboue
Verkleinwoord: woonstelgeboutjie
Meervoud van verkleining: woonstelgeboutjies
Betekenis:
• 'n Groot gebou wat afsonderlike woonstelle bevat.
Gebruik:
• Die brand het op die sewende verdieping van die woonstelgebou ontstaan.
Sinoniem:
• woonstelblok
Vertaling:
Engels: flat building, apartment block
Nederlands: appartementsgebouw, appartementencomplex
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: staatstoelaag
staatstoelaag [boodskap #145351 ]
Sa, 25 Mei 2024 19:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
staatstoelaag
Afbreking: staats•toe•laag
Samestelling: staat + -s- + toelaag
Selfstandige naamwoord: staatstoelaag
Meervoud: staatstoelae
Verkleinwoord: staatstoelagie
Meervoud van verkleining: staatstoelagies
Betekenis:
• 'n Toelaag wat deur die staat betaal word.
Gebruik:
• As jy nie geld vir jou oudag wegsit nie, sal jy op 'n karige staatstoelaag moet uitkom.
Vertaling:
Engels: government allowance, state grant
Nederlands: overheidssubsidie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kranig
kranig [boodskap #145350 ]
Sa, 25 Mei 2024 18:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kranig
Afbreking: kra•nig
Byvoeglike naamwoord: kranig
Vergrotende trap: kraniger
Oortreffende trap: kranigste
Attributief: kranige
Betekenis:
• Wat iets graag en met algehele toewyding doen.
Gebruik:
• Sy het kranig aan die kompetisie deelgeneem.
• Hy is 'n kranige tennisspeler.
Sinoniem:
• entoesiasties
• flink
• fluks
• knap
• puik
• sterk
• uitmuntend
• ywerig
Afgelei:
• kranigheid
Vertaling:
Engels: keen, eager, strong, valiant
Nederlands: kranig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kleintyd
kleintyd [boodskap #145349 ]
Sa, 25 Mei 2024 18:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleintyd
Afbreking: klein•tyd
Samestelling: klein + tyd
Selfstandige naamwoord: kleintyd
Meervoud: –
Betekenis:
• Die tyd waartydens iemand klein ('n kind) is.
Gebruik:
• Arendse was van kleintyd af 'n kranige rugbyspeler.
Sinoniem:
• grootwordjare
• jeugjare
• jeugtyd
• kinderdae
• kinderjare
• kindertyd
• kindsbeen
Vertaling:
Engels: childhood, infancy
Nederlands: kindertijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rugbykeurder
rugbykeurder [boodskap #145348 ]
Sa, 25 Mei 2024 18:10
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rugbykeurder
Afbreking: rug•by•keur•der
Samestelling: rugby + keurder
Selfstandige naamwoord: rugbykeurder
Meervoud: rugbykeurders
Betekenis:
• Persoon wat kyk watter rugbyspelers op vorm is en die beste speel.
Gebruik:
• Hoewel Arendse se talent van kleintyd af duidelik sigbaar was, het rugbykeurders hom aanvanklik heeltemal misgekyk.
Vertaling:
Engels: rugby selector
Nederlands: rugby-kiezer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rugbytoer
rugbytoer [boodskap #145347 ]
Sa, 25 Mei 2024 17:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rugbytoer
Afbreking: rug•by•toer
Samestelling: rugby + toer
Selfstandige naamwoord: rugbytoer
Meervoud: rugbytoere
Verkleinwoord: rugbytoertjie
Meervoud van verkleining: rugbytoertjies
Betekenis:
• 'n Toer/reis na ander rugbyklubs om teen hulle rugby te speel.
Gebruik:
• William wil graag op die skool se rugbytoer gaan, maar daar is nie genoeg geld nie.
Vertaling:
Engels: rugby tour
Nederlands: rugbytour
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: danskompetisie
danskompetisie [boodskap #145346 ]
Sa, 25 Mei 2024 17:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
danskompetisie
Afbreking: dans•kom•pe•ti•sie
Samestelling: dans + kompetisie
Selfstandige naamwoord: danskompetisie
Meervoud: danskompetisies
Betekenis:
• Kompetisie waar die beste dansers aangewys en bekroon word.
Gebruik:
• Hulle oefen vir die danskompetisie .
Sinoniem:
• danswedstryd
Vertaling:
Engels: dance competition, dance contest
Nederlands: danswedstrijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: pleegkind
pleegkind [boodskap #145345 ]
Sa, 25 Mei 2024 17:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pleegkind
Afbreking: pleeg•kind
Samestelling: pleeg + kind
Selfstandige naamwoord: pleegkind
Meervoud: pleegkinders
Verkleinwoord: pleegkindjie
Meervoud van verkleining: pleegkindjies
Betekenis:
• 'n Aangenome kind; kind wat deur pleegouers as hulle eie grootgemaak en opgevoed word.
Gebruik:
• 'n Pleegkind kan op 18 jaar self oor sy eie toekoms besluit.
Antoniem:
• pleegouer
Afgelei:
• pleegkindtoelaag
Vertaling:
Engels: foster-child
Nederlands: pleegkind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: adjudantoffisier
adjudantoffisier [boodskap #145344 ]
Sa, 25 Mei 2024 11:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adjudantoffisier
Afbreking: ad•ju•dant-of•fi•sier
Samestelling: adjudant + offisier
Selfstandige naamwoord: adjudantoffisier
Meervoud: adjudantoffisiere
Verkleinwoord: adjudantoffisiertjie
Meervoud van verkleining: adjudantoffisiertjies
Betekenis:
• 'n Onderoffisier, in rang tussen 'n sersant en 'n luitenant.
Gebruik:
• Die adjudantoffisier is tot luitenant bevorder.
Wisselvorm:
• adjudant-offisier
Afgelei:
• speur-adjudantoffisier
Afkorting:
• adj.off.
• ao.
• AO
Vertaling:
Engels: warrant officer
Nederlands: onderofficier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: naasbestaande
naasbestaande [boodskap #145343 ]
Sa, 25 Mei 2024 10:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naasbestaande
Afbreking: naas•be•staan•de
Samestelling: naas + bestaan + -de
Selfstandige naamwoord: naasbestaande
Meervoud: naasbestaandes
Betekenis:
• 'n Familielid of bloedverwant.
Gebruik:
• Die oorledene se naasbestaandes is nog nie ingelig nie.
Sinonimie:
• bloedverwant
• familielid
• gesinslid
• huisgenoot
Afkorting:
• naasb.
Vertaling:
Engels: next-of-kin, close relative
Nederlands: naastbestaande
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sekstet
sekstet [boodskap #145342 ]
Sa, 25 Mei 2024 10:43
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekstet
Afbreking: seks•tet
Selfstandige naamwoord: sekstet
Meervoud: sekstette
Betekenis:
• 'n Vers met ses reëls (soos die laaste 6 reëls van 'n sonnet).
• 'n Musiekstuk vir ses persone, of die mense was so 'n musiekstuk uitvoer.
• 'n Groepering van ses dinge of persone.
Gebruik:
• Strofe drie van die gedig is 'n sekstet .
• Die sekstet in C-majeur is 'n asemrowende werk vir die ongewone kombinasie van viool, altviool, tjello, Franse horing, klarinet en klavier.
• Seyfert se Sekstet is 'n groep sterrestelsels wat deur swaartekrag bymekaar gehou word.
Wisselvorm:
• sestet
Verwant:
• koeplet
• kwatryn
• oktaaf
• sonnet
• tersine
Vertaling:
Engels: sextet
Nederlands: sextet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: minusteken
minusteken [boodskap #145341 ]
Vr, 24 Mei 2024 17:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
minusteken
Afbreking: mi•nus•te•ken
Samestelling: minus + teken
Selfstandige naamwoord: minusteken
Meervoud: minustekens
Verkleinwoord: minustekentjie
Meervoud van verkleining: minustekentjies
Betekenis:
• Die wiskundige simbool/teken - ('n horisontale strepie).
Gebruik:
• Die minusteken word o.a. gebruik om aftrekking of 'n negatiewe getal aan te dui.
Sinoniem:
• minus
Antoniem:
• plusteken
Verwant:
• deelteken
• maalteken
Vertaling:
Engels: minus sign
Nederlands: minusteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: plusteken
plusteken [boodskap #145340 ]
Vr, 24 Mei 2024 17:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plusteken
Afbreking: plus•te•ken
Samestelling: plus + teken
Selfstandige naamwoord: plusteken
Meervoud: plustekens
Verkleinwoord: plustekentjie
Meervoud van verkleining: plustekentjies
Betekenis:
• Die wiskundige simbool/teken + ('n regop kruisie).
Gebruik:
• Die plusteken word o.a. gebruik om optelling of 'n positiewe getal aan te dui.
Sinoniem:
• optelteken
• plus
Antoniem:
• minusteken
Verwant:
• deelteken
• maalteken
Vertaling:
Engels: plus sign
Nederlands: plusteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: invloei
invloei [boodskap #145339 ]
Vr, 24 Mei 2024 17:24
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
invloei
Afbreking: in•vloei
Samestelling: in + vloei
Werkwoord: vloei in , invloei
Verlede tyd: het ingevloei
Betekenis:
• Om na die binnekant te vloei of te stroom.
Gebruik:
• Die rivier vloei in die dam in .
• Rou riool het in die see ingevloei .
Sinoniem:
• inkom
• inloop
• instroom
Antoniem:
• uitvloei
Hiponiem:
• kapitaalinvloei
Afgelei:
• invloeiend
• invloeiing
Vertaling:
Engels: to flow in
Nederlands: invloeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: willoos
willoos [boodskap #145338 ]
Vr, 24 Mei 2024 17:10
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
willoos
Afbreking: wil•loos
Samestelling: wil + -loos
Byvoeglike naamwoord: willoos
Vergrotende trap: willoser
Oortreffende trap: willoosste
Attributief: willose
Betekenis:
• Sonder eie wil (soos 'n slaaf, of sonder motivering om iets te doen).
Gebruik:
• Sy het vir dae lank willoos op haar bed bly lê.
Sinoniem:
• dadeloos
• doelloos
• leegkop
• lusteloos
• onnadenkend
• passief
• slaafs
Antoniem:
• beslis
Afgelei:
• willoosheid
Vertaling:
Engels: will-less, aimles, unresisting, involuntary, passive
Nederlands: willoos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wegvat
wegvat [boodskap #145337 ]
Vr, 24 Mei 2024 15:57
Leksikograaf
Boodskappe: 19149Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegvat
Afbreking: weg•vat
Samestelling: weg + vat
Werkwoord: vat weg , wegvat
Verlede tyd: het weggevat
Betekenis:
• Om iets te verwyder; weg te neem.
Gebruik:
• Niemand kan jou geleerdheid by jou wegvat nie.
Sinoniem:
• afneem
• afvat
• ontneem
• verwyder
• weghaal
• wegneem
• wegraap
Antoniem:
• bysit
Vertaling:
Engels: to take away, remove
Nederlands: wegnemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.