Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inspeksie
inspeksie [boodskap #145132] Di, 30 April 2024 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inspeksie
Afbreking: in•spek•sie


Selfstandige naamwoord: inspeksie
Meervoud: inspeksies
Verkleinwoord: inspeksietjie
Meervoud van verkleining: inspeksietjies

Betekenis:
• Die handeling van inspekteer. 'n Ondersoek om te verseker dat daar aan standaarde en spesifikasies voldoen word.

Gebruik:
• Die inspekteur het tydens sy inspeksie bepaal dat die kwaliteit van die produk verbeter moet word.

Sinoniem:
• beoordeling
• besigtiging
• beskouing
• kontrolering
• ondersoek
• toets
• visentering

Hiponiem:
• ketelinspeksie
• klasinspeksie

Afgelei:
• inspeksieafdeling
• inspeksiedeksel
• inspeksiedeur
• inspeksiegat
• inspeksiedop
• inspeksiegebied
• inspeksielamp
• inspeksieluik
• inspeksieoog
• inspeksiereis
• inspeksietoer
• inspeksievenster
• inspeksievlug
• inspeksiewerk

Verwant:
• inspekteur

Vertaling:
Engels: inspection, checkup
Nederlands: inspectie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vullisterrein
Volgende onderwerp: beginpunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:21:59 MGT 2024