Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: sinloos
sinloos [boodskap #145419] Sa, 01 Junie 2024 10:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinloos
Afbreking: sin•loos
Samestelling: sin + -loos


Byvoeglike naamwoord: sinloos
Vergrotende trap: sinloser
Oortreffende trap: sinloosste
Attributief: sinlose

Betekenis:
• Wat nie sin maak of sin het nie; sonder doel of betekenis.

Gebruik:
• Daar word heeltemal te veel sinlose vergaderings gehou.

Sinoniem:
• aanvegbaar
• betekenisloos
• nodeloos
• doelloos
• onbenullig
• onsinnig
• redeloos
• sinneloos
• tevergeefs
• vrugteloos

Antoniem:
• sinvol

Afgelei:
• sinloosheid

Vertaling:
Engels: meaningless, senseless, pointless, nonsensical, foolish
Nederlands: zinloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ronddra
ronddra [boodskap #145418] Sa, 01 Junie 2024 10:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ronddra
Afbreking: rond•dra
Samestelling: rond + dra


Werkwoord: dra rond, ronddra
Verlede tyd: het rondgedra

Betekenis:
• Om iets oraloor saam te dra.
• Om iets orals te vertel.

Gebruik:
• Sy dra die sambreel rond.
• Hy het onwaar stories rondgedra.

Sinoniem:
• saamdra
• saamneem

Afgelei:
• ronddraaiery

Vertaling:
Engels: to carry about; to tell about
Nederlands: ronddragen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verdring
verdring [boodskap #145417] Sa, 01 Junie 2024 09:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdring
Afbreking: ver•dring
Samestelling: ver- + dring


Werkwoord: verdring
Verlede tyd: het verdring

Betekenis:
• om iets/iemand se plek in te neem deur hulle te verdryf of weg te stoot.

Gebruik:
• Die plant se habitat is deur indringerplante verdring.

Sinoniem:
• ontsetel
• onttroon
• uitstoot
• verban
• verdryf
• verstoot
• vervang
• wegdryf

Afgelei:
• verdringer
• verdringing

Vertaling:
Engels: to push aside, oust, repress, supplant
Nederlands: verdringen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: territoriaal
territoriaal [boodskap #145416] Sa, 01 Junie 2024 09:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
territoriaal
Afbreking: ter•ri•to•ri•aal


Byvoeglike naamwoord: territoriaal
Vergrotende trap: territoriaaler
Oortreffende trap: territoriaalste
Attributief: territoriale

Betekenis:
• Wat op 'n gebied betrekking het, of wat tot 'n spesifieke grondgebied behoort.

Gebruik:
• Jong luiperdmannetjies sterf dikwels in territoriale gevegte met ander volwasse mannetjies.

Sinoniem:
• gebiedsgebonde

Hiponiem:
• eksterritoriaal

Afgelei:
• territorialiteit

Vertaling:
Engels: territorial
Nederlands: territoriaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kieskeurig
kieskeurig [boodskap #145415] Sa, 01 Junie 2024 08:59
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kieskeurig
Afbreking: kies•keu•rig
Samestelling: kies + keurig


Byvoeglike naamwoord: kieskeurig
Vergrotende trap: kieskeuriger
Oortreffende trap: kieskeurigste
Attributief: kieskeurige
Partitief: kieskeurigs

Betekenis:
• Wat moeilik is om tevrede te stel (vol fiemies is) en lank vat om te besluit.

Gebruik:
• Varke is nie kieskeurig wat voedsel betref nie.

Sinoniem:
• fiemiesrig
• krities
• lekkerbekkig
• neusoptrekkerig
• noulettend
• oordeelkundig
• puntenerig
• punteneurig
• selektief
• uitsoekerig
• veeleisend
• vitterig

Afgelei:
• kieskeurigheid

Vertaling:
Engels: choosy, picky, fastidious, fussy
Nederlands: kieskeurig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Oostenryker
Oostenryker [boodskap #145414] Sa, 01 Junie 2024 08:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oostenryker
Afbreking: Oos•ten•ry•ker
Samestelling: Oostenryk + -er


Selfstandige naamwoord: Oostenryker
Meervoud: Oostenrykers
Verkleinwoord: Oostenrykertjie
Meervoud van verkleining: Oostenrykertjies

Betekenis:
• 'n Persoon van die land Oostenryk.

Gebruik:
• Die Oostenrykers het die wedstryd teen Switserland gewen.

Verwant:
• Oostenryk
• Oostenryks

Vertaling:
Engels: Austrian
Nederlands: Oostenrijker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 01 Junie 2024 09:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: Oostenryks
Oostenryks [boodskap #145413] Sa, 01 Junie 2024 08:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oostenryks
Afbreking: Oos•ten•ryks
Samestelling: Oostenryk + -s
Uitspraak: /ˈuə̯stənrəɪ̯ks/


Byvoeglike naamwoord: Oostenryks
Attributief: Oostenrykse

Betekenis:
• Wat op die land Oostenryk of sy mense, die Oostenrykers, betrekking het.

Gebruik:
• Die Duitse anneksasie van Oostenryk het algemene steun van die Oostenrykse bevolking geniet.

Verwant:
• Oostenryk
• Oostenryker

Vertaling:
Engels: Austrian
Nederlands: Oostenrijks


Selfstandige naamwoord: Oostenryks
Meervoud:

Betekenis:
• Duitse dialek soos dit in Oostenryk gepraat word.

Gebruik:
• Ek sukkel soms om Oostenryks te verstaan.

Vertaling:
Engels: Austrian
Nederlands: Oostenrijks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: weiering
weiering [boodskap #145412] Vr, 31 Mei 2024 17:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weiering
Afbreking: wei•e•ring
Samestelling: weier + -ing


Selfstandige naamwoord: weiering
Meervoud: weieringe, weierings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van weier; om nie aan 'n versoek of opdrag te voldoen nie.
• Die handeling van nie werk of afgaan nie.

Gebruik:
• Die regering se moedswillige en halsstarrige weiering om plaasaanvalle te ondersoek is betreurenswaardig.
• Die soldaat ondersoek die weiering van die kanon.

Sinoniem:
• afwysing
• boikot
• staking
• uitsluiting
• verwerping
• weerhouding
• wegwysing

Hiponiem:
• diensweiering
• enjinweiering
• masjienweiering
• remweiering
• sekeringsweiering
• voedselweiering

Vertaling:
Engels: refusal, denial
Nederlands: weigering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: graniet
graniet [boodskap #145411] Vr, 31 Mei 2024 10:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Graniet
Graniet
graniet
Afbreking: gra•niet


Selfstandige naamwoord: graniet
Meervoud: graniete

Betekenis:
• 'n Harde stollingsgesteente met growwe kolle wat meestal uit kwarts, alkaliveldspaat en plagioklaas bestaan.

Gebruik:
• Graniet is kliphard en het geen interne strukture nie, wat dit 'n gesogte boumateriaal maak.

Spreekwoord:
• Hulle kou op graniet. [Hulle sal niks uitrig nie.]

Afgelei:
• granietagtig
• granietbank
• granietberg
• granietblok
• granietformasie
• granietgang
• granietgebou
• granietgesteente
• granietgrafsteen
• granietgrond
• granietgruis
• granietkleur
• granietkoppie
• granietmonument
• granietrots
• granietsand
• granietsteen
• granietsuil
• skrifgraniet

Vertaling:
Engels: granite
Nederlands: graniet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitvloei
uitvloei [boodskap #145410] Vr, 31 Mei 2024 10:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvloei
Afbreking: uit•vloei
Samestelling: uit + vloei


Werkwoord: vloei uit, uitvloei
Verlede tyd: het uitgevloei

Betekenis:
• Om na die buitekant te stroom of te vloei.
• (figuurlik) Om uit te gaan of te verlaat.

Gebruik:
• Die bloed vloei uit wond uit.
• Miljoene rande het uit die land uitgevloei.

Sinoniem:
• uitgaan
• uitstroom
• uitsyfer
• uitsypel
• wegstroom
• wegsypel
• wegvloei

Antoniem:
• invloei

Afgelei:
• uitvloeiing
• uitvloeisel

Vertaling:
Engels: to flow out; to leave
Nederlands: uitvloeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitvloeiing
uitvloeiing [boodskap #145409] Vr, 31 Mei 2024 08:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvloeiing
Afbreking: uit•vloei•ing
Samestelling: uitvloei + -ing


Selfstandige naamwoord: uitvloeiing
Meervoud: uitvloeiinge, uitvloeiings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van uitvloei; om na die buitekant te vloei.
• (figuurlik) Die handling van uitgaan of verlaat.

Gebruik:
• Die vinnige uitvloeiing van lawa uit die vulkaan veroorsaak lawastrome.
• Die uitvloeiing van kapitaal uit die land uit kan tot 'n ekonomiese krisis lei.

Sinoniem:
• uitgieting
• uitmonding
• uitstoting
• uitstroming

Antoniem:
• invloeiing

Afgelei:
• uitvloeiingsgesteente
• uitvloeisel

Vertaling:
Engels: outflow
Nederlands: uitvloeiing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oe-la-la
oe-la-la [boodskap #145408] Vr, 31 Mei 2024 08:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oe-la-la
Afbreking: oe•la•la


Tussenwerpsel: oe-la-la

Betekenis:
• Uitroep van bewondering, goedkeuring of verbasing.

Gebruik:
Oe-la-la! Kyk hoe mooi is sy aangetrek!

Sinoniem:
• netjies
• piekfyn
• pragtig
• sjoe

Vertaling:
Engels: ooh la la!, wow!
Frans: oh là là
Nederlands: wauw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: piekfyn
piekfyn [boodskap #145407] Do, 30 Mei 2024 20:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
piekfyn
Afbreking: piek•fyn
Samestelling: piek + fyn


Byvoeglike naamwoord: piekfyn
Attributief: piekfyn

Betekenis:
• Baie goed, sonder probleme of haakplekke.
• Uiters keurig en smaakvol.

Gebruik:
• Dit is piekfyn om nie altyd piekfyn te wees nie. Die mense lewer 'n piekfyn diens.
• Sy is soos gewoonlik piekfyn uitgevat.

Sinoniem:
• bakgat
• doodreg
• prima
• puik
• tiptop
• uitstekend
• voortreflik

Vertaling:
Engels: good, grand, swell
Nederlands: piekfijn


Tussenwerpsel: piekfyn

Betekenis:
• Uitroep om aan te dui dat alles goed en reg is.

Gebruik:
• Hoe gaan dit met jou? Piekfyn!

Vertaling:
Engels: good!, grand!, swell!
Nederlands: piekfijn!

Nota:
• "Piek" kom vanuit Duits en beteken "voortreflik".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stemgeregtig
stemgeregtig [boodskap #145406] Do, 30 Mei 2024 13:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stemgeregtig
Afbreking: stem•ge•reg•tig
Samestelling: stem + geregtig


Byvoeglike naamwoord: stemgeregtig
Attributief: stemgeregtigde

Betekenis:
• Wat die reg het om te mag stem.

Gebruik:
• 'n Demokratiese leier is 'n leier wat deur die stemgeregtigde burgers van 'n land verkies is.

Sinoniem:
• kiesbevoeg
• kiesgeregtig

Antoniem:
• nie-stemgeregtig

Afgelei:
• stemgeregtigdes
• stemgeregtigdheid

Vertaling:
Engels: entitled to vote
Nederlands: stemgerechtigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vryburger
vryburger [boodskap #145405] Do, 30 Mei 2024 13:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vryburger
Afbreking: vry•bur•ger
Samestelling: vry + burger


Selfstandige naamwoord: vryburger
Meervoud: vryburgers
Verkleinwoord: vryburgertjie
Meervoud van verkleining: vryburgertjies

Betekenis:
• (histories) Persoon wat uit die diens van die VOC getree het of andersins 'n vrybrief bekom het.
• Burger van 'n land wat vry en stemgeregtig is.

Gebruik:
• Talle Duitsers het as vryburgers 'n nuwe begin aan die Kaap gemaak nadat hulle uit die VOC se diens getree het.
• Ek is 'n vryburger en nie 'n slaaf nie.

Antoniem:
• slaaf

Afgelei:
• vryburgertrust

Vertaling:
Engels: free burgher, free citizen
Nederlands: vrijburger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verversingspos
verversingspos [boodskap #145404] Wo, 29 Mei 2024 17:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verversingspos
Afbreking: ver•ver•sings•pos
Samestelling: verversings + pos


Selfstandige naamwoord: verversingspos
Meervoud: verversingsposte
Verkleinwoord: verversingspossie
Meervoud van verkleining: verversingspossies

Betekenis:
• 'n Pos of stasie waar verversings en vars goedere bekom kan word.

Gebruik:
• Die VOC het 'n verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop onder leiding van Jan van Riebeeck gestig.

Vertaling:
Engels: refreshment post
Nederlands: verversingspost, opfrissingspost

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: taalmonument
taalmonument [boodskap #145403] Wo, 29 Mei 2024 17:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taalmonument
Afbreking: taal•mo•nu•ment
Samestelling: taal + monument


Selfstandige naamwoord: taalmonument
Meervoud: taalmonumente

Betekenis:
• 'n Monument wat aan 'n taal gewy is.

Gebruik:
• Die eerste Afrikaanse Taalmonument is in 1893 in Burgersdorp opgerig en die Tweede Taalmonument is op 'n heuwel bokant die Paarl in die Wes-Kaap gebou.

Vertaling:
Engels: monument to a language
Nederlands: taalmonument

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beginjaar
beginjaar [boodskap #145402] Wo, 29 Mei 2024 17:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beginjaar
Afbreking: be•gin•jaar
Samestelling: begin + jaar


Selfstandige naamwoord: beginjaar
Meervoud: beginjare

Betekenis:
• Die eerste jaar van 'n lang periode.

Gebruik:
• In die beginjare van radio is alle programme regstreeks uitgesaai, wat groot uitdagings aan die omroepers gestel het.

Sinoniem:
• aanvangsjaar
• beginperiode

Vertaling:
Engels: first year
Nederlands: beginjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: plot
plot [boodskap #145401] Wo, 29 Mei 2024 13:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plot
Afbreking: plot


Selfstandige naamwoord: plot
Meervoud: plotte
Verkleinwoord: plotjie
Meervoud van verkleining: plotjies

Betekenis:
• Die storielyn in 'n roman of film; intrige, verwikkeling, ontknoping.
• 'n Stuk grond (groter as 'n erf, maar kleiner as 'n plaas) waarop daar op klein skaal geboer word; kleinhoewe, plasie.

Gebruik:
• Die antagonis maak die plot boeiend deur konflik te skep en die hoofkarakter se doelwitte uit te daag.
• Ons woon op 'n plot net buite die dorp.

Afgelei:
• plotbewoner
• ploteienaar

Vertaling:
Engels: plot
Nederlands: plot


Werkwoord: plot
Verlede tyd: het geplot

Betekenis:
• Om posisie (koördinate) te bepaal.
• Om waardes op 'n grafiek aan te dui.

Gebruik:
• Hy plot sy posisie op die kaart.
• Sy het die reënval vir die afgelope jaar geplot.

Vertaling:
Engels: to plot
Nederlands: plotten

Nota:
• 'n Plot kan ook informeel na 'n komplot verwys, 'n geheime plan/ sameswering/ gekonkel om iets te bereik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stemstasie
stemstasie [boodskap #145400] Wo, 29 Mei 2024 13:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stemstasie
Afbreking: stem•sta•sie
Samestelling: stem + stasie


Selfstandige naamwoord: stemstasie
Meervoud: stemstasies

Betekenis:
• 'n Plek waar mense kan gaan stem.

Gebruik:
• Miljoene mense het hulle kruisies by stemstasies landswyd getrek.

Sinoniem:
• kieslokaal
• stemlokaal

Vertaling:
Engels: voting station, polling station
Nederlands: stembureau

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rustigheid
rustigheid [boodskap #145399] Wo, 29 Mei 2024 13:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rustigheid
Afbreking: rus•tig•heid
Samestelling: rustig + -heid


Selfstandige naamwoord: rustigheid
Meervoud: rustighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van kalm en rustig wees.

Gebruik:
• Die gebied is bekend vir sy rustigheid, stilte en pragtige natuurskoon.

Sinoniem:
• bedaardheid
• gemak
• harmonie
• kalmte
• stilheid
• stilte
• vrede
• vreedsaamheid

Antoniem:
• onrustigheid

Vertaling:
Engels: rustigheid
Nederlands: rustigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: -skap
-skap [boodskap #145398] Wo, 29 Mei 2024 12:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
-skap
Afbreking: -skap


Agtervoegsel: -skap

Betekenis:
• Vorm 'n selfstandige naamwoord van 'n byvoeglike naamwoord om 'n toestand aan te dui.
• Vorm 'n selfstandige naamwoord van 'n selfstandige naamwoord om 'n versameling of groter geheel aan te dui.
• Vorm 'n selfstandige naamwoord van 'n werkwoord.

Gebruik:
• Let op die agtervoegsel -skap in woorde soos blydskap en swangerskap.
• Let op die agtervoegsel -skap in woorde soos kluisenaarskap, landskap en vaderskap.
• Let op die agtervoegsel -skap in woorde soos weddenskap en wetenskap.

Vertaling:
Engels: -ship, -hood
Nederlands: -schap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sportmanskap
sportmanskap [boodskap #145397] Wo, 29 Mei 2024 12:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportmanskap
Afbreking: sport•man•skap
Samestelling: sportman + -skap


Selfstandige naamwoord: sportmanskap
Meervoud:

Betekenis:
• Sportiewe gedrag. Regverdige en respekvolle optrede teenoor mededingers, asook grootmoedigheid al verloor jy of jou span.

Gebruik:
• Swak sportmanskap kom op alle vlakke en in alle sportsoorte voor.

Sinoniem:
• sportmangees

Vertaling:
Engels: sportsmanship
Nederlands: sportiviteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ommeswaai
ommeswaai [boodskap #145396] Wo, 29 Mei 2024 11:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ommeswaai
Afbreking: om•me•swaai
Samestelling: om + -me + swaai


Selfstandige naamwoord: ommeswaai
Meervoud: ommeswaaie

Betekenis:
• Die handeling van omswaai, dikwels figuurlik, 'n algehele en onverwagte verandering.

Gebruik:
• Die kulturele ommeswaai na sosialisme het gepaard gegaan met sensuur, vervolgings en politieke "suiwerings" van mense wat nie die heersende ideologie wou navolg nie.

Sinoniem:
• kentering
• klemverskuiwing
• koersverandering
• omkeer
• ommekeer
• omswaai
• onswenking
• omwenteling

Vertaling:
Engels: turn around, about-face, u-turn
Nederlands: ommezwaai

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: likwidasie
likwidasie [boodskap #145395] Wo, 29 Mei 2024 11:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
likwidasie
Afbreking: lik•wi•da•sie
Samestelling: likwideer + -asie


Selfstandige naamwoord: likwidasie
Meervoud: likwidasies

Betekenis:
• Die handeling van likwideer; om uit te roei of tot 'n einde te bring.
• (ekonomie) Proses waartydens 'n maatskappy se bates verkoop en dit ontbind word.

Gebruik:
• Oor die eeue het talle regerings hulself tot likwidasie gewend om van hulle vyande ontslae te raak.
• Die insolvente besigheid het om likwidasie aansoek gedoen.

Sinoniem:
• ekterminasie
• eliminasie
• manslag
• slagting
• uitroeiing
• uitskakeling
• uitwissing
• verdelging
• vernietiging
• afwikkeling
• ontbinding
• ontmanteling
• sluiting

Afgelei:
• likwidasie-uitverkoping
• likwidasie-uitverkoop

Verwant:
• likwidateur
• likwideer

Vertaling:
Engels: liquidation
Nederlands: likwidatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sekwestrasie
sekwestrasie [boodskap #145394] Wo, 29 Mei 2024 10:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekwestrasie
Afbreking: sek•we•stra•sie


Selfstandige naamwoord: sekwestrasie
Meervoud: sekwestrasies

Betekenis:
• Die handeling van sekwestreer (om bates in bewaring te plaas, meestal voordat dit gelikwideer word).

Gebruik:
• Nie al die bates wat 'n persoon besit vorm noodwendig deel van 'n sekwestrasie nie.

Sinoniem:
• afstanddoening
• beslaglegging
• ekspropriasie
• onteiening
• verbeurdverklaring
• verbeuring
• vervreemding

Afgelei:
• sekwestrasiebevel
• sekwestrasieproses

Vertaling:
Engels: sequestration
Nederlands: sekwestratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: eenmansaak
eenmansaak [boodskap #145393] Wo, 29 Mei 2024 10:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenmansaak
Afbreking: een•man•saak
Samestelling: een + man + saak


Selfstandige naamwoord: eenmansaak
Meervoud: eenmansake

Betekenis:
• 'n Besigheid wat deur een persoon, sonder personeel, bedryf word.

Gebruik:
• Met 'n eenmansaak neem die eienaar alle besluite, dra al die risiko's en vat al die winste.

Vertaling:
Engels: sole proprietorship, sole tradership
Nederlands: eenmanszaak, eenpersoonszaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: insolvensie
insolvensie [boodskap #145392] Wo, 29 Mei 2024 09:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insolvensie
Afbreking: in•sol•ven•sie
Samestelling: insolvent + -ie


Selfstandige naamwoord: insolvensie
Meervoud: insolvensies

Betekenis:
• Toestand van insolvent wees; onvermoë van 'n persoon of organisasie om sy skuld te betaal.

Gebruik:
Insolvensie is 'n hartseer realiteit wat talle Suid-Afrikaners in die gesig staar.

Sinoniem:
• bankrotskap

Afgelei:
• insolvensiedaad
• insolvensiewet

Vertaling:
Engels: insolvency, bankruptcy
Nederlands: insolventie, faillissement

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omkeerstrategie
omkeerstrategie [boodskap #145391] Wo, 29 Mei 2024 09:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omkeerstrategie
Afbreking: om•keer•stra•te•gie
Samestelling: omkeer + strategie


Selfstandige naamwoord: omkeerstrategie
Meervoud: omkeerstrategieë

Betekenis:
• 'n Ingreep om 'n benarde situasie te beredder.

Gebruik:
• As deel van die winkelgroep se omkeerstrategie sal winkels wat 'n verlies lei summier gesluit word.

Vertaling:
Engels: turnaround strategy
Nederlands: omkeerstrategie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aandeelhouding
aandeelhouding [boodskap #145390] Wo, 29 Mei 2024 09:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aandeelhouding
Afbreking: aan•deel•hou•ding
Samestelling: aandeel + houding


Selfstandige naamwoord: aandeelhouding
Meervoud: aandeelhoudinge, aandeelhoudings

Betekenis:
• Die aandeel of aandele wat 'n entiteit besit.

Gebruik:
• Telkom het sy aandeelhouding in Vodacom verkoop.

Verwant:
• aandeelhouer

Vertaling:
Engels: shareholding
Nederlands: aandelenbezit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: balansstaat
balansstaat [boodskap #145389] Wo, 29 Mei 2024 09:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
balansstaat
Afbreking: ba•lans•staat
Samestelling: balans + staat


Selfstandige naamwoord: balansstaat
Meervoud: balansstate

Betekenis:
• 'n Staat wat die finansiële posisie van 'n persoon of organisasie op 'n gegewe tydstip aandui.

Gebruik:
• 'n Balansstaat bestaan gewoonlik uit drie hoofafdelings, naamlik bates, ekwiteit en laste.

Afkorting:
• bls.

Vertaling:
Engels: balance sheet
Nederlands: balans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skuldrente
skuldrente [boodskap #145388] Wo, 29 Mei 2024 09:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuldrente
Afbreking: skuld•ren•te
Samestelling: skuld + rente


Selfstandige naamwoord: skuldrente
Meervoud: skuldrentes

Betekenis:
• Die rente wat op skuld betaalbaar is.

Gebruik:
• Hy het by dié een geld geleen om dáái een se skuldrente terug te betaal.

Sinoniem:
• renteskuld

Vertaling:
Engels: debt interest
Nederlands: renteschuld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hoofrede
hoofrede [boodskap #145387] Wo, 29 Mei 2024 08:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoofrede
Afbreking: hoof•re•de
Samestelling: hoof + rede


Selfstandige naamwoord: hoofrede
Meervoud: hoofredes

Betekenis:
• Die belangrikste verklaring; aanleiding tot iets wat gebeur het.
• Die belangrikste toespraak.

Gebruik:
• Gebrekkige onderwys is die hoofrede vir armoede.
• Die president sal die kongres bywoon en die hoofrede lewer.

Sinoniem:
• beweegrede
• hooftoespraak

Vertaling:
Engels: main reason; main speech
Nederlands: belangrijkste reden; hoofdtoespraak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: geseling
geseling [boodskap #145386] Wo, 29 Mei 2024 08:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Geseling
Geseling
geseling
Afbreking: ge•se•ling
Samestelling: gesel + -ing


Selfstandige naamwoord: geseling
Meervoud: geselinge, geselings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van gesel (om swaar, nie-verminkende lyfstraf toe te dien).

Gebruik:
• Jesus moes die verskriklikste bespotting en geseling verduur voordat hy gekruisig is.

Sinoniem:
• flagellasie
• kastyding
• lyfstraf
• tugtiging

Vertaling:
Engels: lashing, whipping, flogging, scourging
Nederlands: geseling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stembus
stembus [boodskap #145385] Di, 28 Mei 2024 14:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stembus
Afbreking: stem•bus
Samestelling: stem + bus


Selfstandige naamwoord: stembus
Meervoud: stembusse
Verkleinwoord: stembussie
Meervoud van verkleining: stembussies

Betekenis:
• 'n Bus (houer met 'n gleuf) waarin ingevulde stembriewe geplaas word.
• (figuurlik) Die hou van 'n verkiesing of die uitslag daarvan.

Gebruik:
• Sy probeer om haar stembrief in die oorvol stembus te druk.
• Die party hoop om sy opponente by die stembus te verslaan.

Sinoniem:
• eleksie
• stemming
• verkiesing

Vertaling:
Engels: ballot-box, poll
Nederlands: stembus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: remedieer
remedieer [boodskap #145384] Di, 28 Mei 2024 14:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
remedieer
Afbreking: re•me•di•eer


Werkwoord: remedieer
Verlede tyd: het geremedieer

Betekenis:
• Om reg te maak wat nie goed is of reg werk nie.

Gebruik:
• Leesprobleme moet so vroeg as moontlik geremedieer word.

Sinoniem:
• regmaak
• korrigeer

Verwant:
• remedie
• remediërend
• remediëring

Vertaling:
Engels: to remedy
Nederlands: remediëren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: remediërend
remediërend [boodskap #145383] Di, 28 Mei 2024 13:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
remediërend
Afbreking: re•me•di•ë•rend
Samestelling: remedieer + -end


Byvoeglike naamwoord: remediërend
Attributief: remediërende

Betekenis:
• Wat remedieer (regmaak wat nie goed is of reg werk nie).

Gebruik:
Remediërende onderrig sal vir leerders met spesifieke probleme beskikbaar gestel word.

Sinoniem:
• regstellend

Vertaling:
Engels: remedial, remediative
Nederlands: remediërend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van remedieer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: broodblik
broodblik [boodskap #145382] Di, 28 Mei 2024 13:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
broodblik
Afbreking: brood•blik
Samestelling: brood + blik


Selfstandige naamwoord: broodblik
Meervoud: broodblikke
Verkleinwoord: broodblikkie
Meervoud van verkleining: broodblikkies

Betekenis:
• Houer, oorspronklik van blik, waarin 'n hele brood gebêre kan word.
• Houer vir toebroodjies; kosblik.

Gebruik:
• Sit 'n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
• Ek het my broodblik by die skool vergeet.

Sinoniem:
• broodhouer
• broodtrommel

Vertaling:
Engels: bread tin, breadbin
Nederlands: broodtrommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bestek
bestek [boodskap #145381] Di, 28 Mei 2024 13:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestek
Afbreking: be•stek


Selfstandige naamwoord: bestek
Meervoud: bestekke

Betekenis:
• Die ruimte waarin, of grense waartussen iets bestaan.

Gebruik:
• Die projek is binne die bestek van 'n paar maande voltooi.

Sinoniem:
• bereik
• omvang
• strekking
• uitgebreidheid

Hiponiem:
• gisbestek
• meetbestek
• radiobestek
• stroombestek
• tydsbestek
• warmtebestek
• werksbestek

Afgelei:
• bestekopmaker
• bestekopmeter
• bestekopnemer
• bestekwaarde

Vertaling:
Engels: range, span, extent, scope
Nederlands: bestek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: projekplan
projekplan [boodskap #145380] Di, 28 Mei 2024 08:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19150
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
projekplan
Afbreking: pro•jek•plan
Samestelling: projek + plan


Selfstandige naamwoord: projekplan
Meervoud: projekplanne

Betekenis:
• 'n Dokument met die take wat uitgevoer moet word om 'n projek te voltooi, met begin- en einddatums en wie daarvoor verantwoordelik is.

Gebruik:
• Volgens die projekplan moes ons al laas week met die taak klaar gewees het.

Vertaling:
Engels: project plan
Nederlands: projectplan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [1  2  3  4    »]


Tyd nou: Sa Jun 01 10:14:38 MGT 2024