Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: struikrower
struikrower [boodskap #145256] Vr, 17 Mei 2024 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
struikrower
Afbreking: struik•ro•wer
Samestelling: struik + rower


Selfstandige naamwoord: struikrower
Meervoud: struikrowers
Verkleinwoord: struikrowertjie
Meervoud van verkleining: struikrowertjies

Betekenis:
• Iemand wat reisiger oorval en hulle beroof.

Gebruik:
• Die struikrowers versper die pad met klippe om motoriste te dwing om 'n ander roete te volg en hulle in 'n lokval in te lei.

Sinoniem:
• bandiet
• padrower

Vertaling:
Engels: robber, highwayman
Nederlands: struikrover

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: laataand
laataand [boodskap #145257] Vr, 17 Mei 2024 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laataand
Afbreking: laat•aand
Samestelling: laat + aand


Byvoeglike naamwoord: laataand
Attributief: laataand

Betekenis:
• Wat laat in die aand is.

Gebruik:
• Ons het tot laataand gekuier en stories vertel.

Vertaling:
Engels: late at night
Nederlands: 's avonds laat


Selfstandige naamwoord: laataand
Meervoud: laataande
Verkleinwoord: laataandjie
Meervoud van verkleining: laataandjies

Betekenis:
• Die tyd laat in die aand, naby middernag.

Gebruik:
• Ek moes talle naweke, vakansiedae en laataande opoffer om die boek betyds klaar te kry.

Vertaling:
Engels: late night
Nederlands: laatavond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 17 Mei 2024 19:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: werkswyse
werkswyse [boodskap #145258] Vr, 17 Mei 2024 19:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkswyse
Afbreking: werks•wy•se
Samestelling: werk + -s- + wyse


Selfstandige naamwoord: werkswyse
Meervoud: werkswyses

Betekenis:
• Die manier waarop daar te werk gegaan word.

Gebruik:
• Die departement se werkswyse hopeloos te omslagtig.

Wisselvorm:
• werkwyse

Sinoniem:
• modus operandi
• prosedure

Afgelei:
• hoofwerkswyse

Vertaling:
Engels: way of working, working procedure
Nederlands: werkwijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 17 Mei 2024 19:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: KI
KI [boodskap #145259] Vr, 17 Mei 2024 20:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
KI
Afbreking: KI


Afkorting: KI

Betekenis:
• Afkorting vir kunsmatige intelligensie.

Gebruik:
• Die robot gebruik KI om outonome besluite te maak.

Vertaling:
Engels: AI, artificial intelligence
Nederlands: KI, kunstmatige intelligentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Sa Mei 18 03:22:01 MGT 2024