Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fleur
fleur [boodskap #145233] Ma, 13 Mei 2024 07:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boom in volle fleur.
'n Boom in volle fleur.
fleur
Afbreking: fleur


Selfstandige naamwoord: fleur
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Bloeiende, florerende toestand; tydperk van volle krag.
• (figuurlik) 'n Fris, ongerepte voorkoms.

Gebruik:
• Hy is in die fleur van sy lewe.
• 'n Bos blomme sal 'n bietjie fleur aan die ou vrou se lewe gee.

Sinoniem:
• bloeityd
• glorietyd
• hoogtepunt
• jeugdigheid
• kruin
• toppunt
• varsheid

Afgelei:
• fleurig
• opfleur

Vertaling:
Engels: bloom, flower, prime
Nederlands: fleur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorlogvoering
Volgende onderwerp: omswaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 08:10:08 MGT 2024